Guestbook

Steven en Lynette Cowley

Namens ons hele familie wil ek net weer vir julle baie dankie sê vir alles wat julle gedoen het om van Traugott en Hermarie se troue op Saterdag 9 Junie 2007 'n sukses te maak.

Die professionele wyse waarop julle ons van die eerste dag af hanteer het, die moeite wat julle almal gedoen het, die blommeprag in die kerk, die lekkerste eetmaal, die saal wat so mooi opgemaak is, die vriendelik wyse waarop ons versoeke hanteer is, die musiek, ALLES was net fantasties. Ook die kamers waarin ons oorgeslaap het, die elektriese komberse op die beddens, die verwarmers in die kamers, die heerlike ontbyt die volgende oggend - alles dra by tot herinneringe wat ons die res van ons lewens sal onthou.

Dit was vir ons 'n besondere dag en julle het dit vir ons moontlik gemaak.

Ons sal julle enige tyd vir enige troue aanbeveel, al is dit die koning van Engeland wat wil trou. Ons gebed is dat die Hemelse Vader julle ryklik sal seën en voorspoedig maak en dat julle intense vreugde en bevrediging sal vind vir die goeie werk wat julle doen.

Chantel and Hansie du Plessis

Thank you so much for everything you did for us for our wedding. You made us feel so special every step of the way. Everything was so organized and happened on time. We appreciated the special treatment that was given to me (the bride) and the bridal party while we were getting ready. I must complement you on the décor and the flowers at the ceremony and in the reception hall, all my guest had just the best of praise for you on how well you managed to get the dragons and butterflies to fit together so well. The food was also one for the record books, my guest also had a lot of praise for the food, they said that it was divine. Over all the venue was true to a fairytale. You and your staff really made it a memorable event.

Wedding: 24 April 2009